Privaatheid — hoe ons met jou inligting omgaan
SV-LEGAL-2026-11-v2
Sculpt Vision is ’n eenmansaak. Shari is die verantwoordelike party ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA). Hierdie bladsy sê presies wát ons versamel, hoekom, wie dit sien, hoe lank ons dit hou, en hoe jy dit kan laat skrap.
Ons gebruik NOOIT spesiale persoonlike inligting (gesig, gesondheid, godsdiens, ras) vir profilering. Kinders se data is tot die minimum beperk.
Wat ons versamel
- Besoekers (sonder rekening) — Watter bladsye en foto's jy bekyk, wat jy in die mandjie sit, die taal, en jou IP-adres — AFGESNY (slegs die eerste twee dele, bv. 102.xx.xx) — vir die joernaal. Geen naam, geen selfoonnommer, geen kind se naam.
- Kopers — Die e-pos en/of selfoonnommer wat jy self invul, die bestelling (foto-nommers, produkte, bedrag, aflewering), en die tyd. Ons stoor GEEN kredietkaart- of bankbesonderhede nie — die bank (EFT/PayShap) of die betaalverskaffer (fase 2) hanteer dit; ons sien net die bevestiging.
- Redigering-versoeke — Jou versoek (die foto-nommer, jou nota tot 300 karakters, en ’n gehasheerde sessie-id, nooit jou naam nie) — gehou solank die geleentheid oop is + 12 maande, dan geskrap.
- Kinders — Net die foto self (agter ’n PIN/kode). Geen kind se naam, graad of kontak word ooit gestoor of getoon nie. Geen kinderprofiele nie. Nie in die openbare portefeulje of op Facebook nie.
- SV — die hulp-assistent — Wat jy aan SV tik, in ’n gehasheerde sessie-log sonder jou naam, vir 12 maande om antwoorde te verbeter. SV stuur NOOIT ’n kind se foto aan ’n derde-party AI nie sonder afsonderlike toestemming.
- Gesigsoektog (standaard AF) — Gesigsoektog is op elke geleentheid standaard AF. Skoolgalerye (kinders) is nooit openbaar nie, en gesigsoektog kom op skoolgalerye net AAN as die skool se hoof vooraf skriftelik toestemming vir daardie geleentheid aangeteken het, en net vir ouers wat self die gesigsoektog-voorwaardes aanvaar. Die selfie wat jy neem om jou eie kind se foto's te vind, word in die geheue verwerk en NOOIT gestoor nie — nie op ’n skyf, nie in ’n rugsteun, nie in ’n log. Die vergelyking gebeur op ons EIE bediener in Suid-Afrika; geen selfie, gesig of foto verlaat ooit ons stelsel na ’n buitelandse diens nie. Per foto word slegs ’n wiskundige ‘gesigvektor’ (embedding) vir daardie geleentheid bereken; dit is biometriese inligting (POPIA s26) en word uitgewis wanneer die geleentheid verval, wanneer die skool die toestemming terugtrek, of op jou versoek.
Hoekom
- Om jou bestelling te lewer — diefoto's, die drukkies, die aflaai-skakels, die aflewering.
- Om bedrog te voorkom — die joernaal en die IP-stomp; verkeerde kodes word getel.
- Vir Shari se verkoop-insig — watter foto's gewild is, hoeveel mandjies, aflewering — sy sien dit in die eienaar-laag van SV, niemand anders nie.
Die skool se aandeel (net as dit AAN is)
As ’n skool vir ’n geleentheid om ’n aandeel vra, word dit per geleentheid in die pryse gestel (standaard 0 %, dus AF). Die aandeel kom ALTYD uit Shari se deel van die prys — nooit uit die prys wat die ouer betaal nie. Die ouer sien dus presies dieselfde prys, of die skool nou ’n aandeel kry of nie. Die ooreenkoms met die skool is tussen die skool en Shari; Sculpt Vision stoor slegs die persentasie per geleentheid en toon dit op Shari se eienaar-state.
Wie sien dit
Slegs Shari (eienaar-laag). Geen derde partye. SV se kliënt-laag (die chat) sien NOOIT koopers, bestellings of kinders nie.
Kinders — die skool se toestemmingsmodel
- Wie stem in — Vir ’n skoolgalery is die wetlike grondslag die toestemming van ’n bevoegde persoon (POPIA s35): die skool se hoof stel die ouers vooraf skriftelik in kennis, en die ouers wat beswaar maak, teken die terugtrekking (opt-out). Sculpt Vision hou boonop sy eie per-geleentheid-inskakeling (standaard AF vir gesigsoektog en die openbare portefeulje) en ’n ouer-opt-out-lys; ’n foto op daardie lys kry nooit ’n voorskou nie.
- Niks in die openbaar nie — Skoolgalerye is nooit openbaar nie: hulle sit agter ’n toegangskode wat slegs die ouers kry, en kinders se foto's verskyn nooit op die openbare portefeulje of op sosiale media nie. Geen kind se naam, graad, skool of kontak word by ’n foto gestoor of getoon nie.
- Verwyder my kind se foto — binne 7 dae — Gebruik die vorm op /verwyder (die skakel staan in elke bladsy se voetskrif). Shari antwoord binne 5 werksdae en die foto is binne 7 dae weggesteek — by ’n kind se foto so gou as moontlik, gereel dieselfde dag. Die verwysing (TD-nommer) bly as die POPIA-rekord; die nommer van ’n weggesteekte foto word nooit hergebruik nie.
- Hoe lank word dit bewaar — Die volledige bewaringstabel staan in die afdeling “Hoe lank” hieronder: joernaal 12 maande, kopers en bestellings 5 jaar (belastingwet), voorskoue so lank as die galery oop is, en die oorspronklike kamera-lêers in die geënkripteerde argief. ’n Ouer se verwyderingsversoek skrap daardie ouer en kind se data; die argiefreël beskerm Shari se werk, nooit ’n kind se identiteit nie.
Hoe lank
- Joernaal (IP-stomp) — 12 maande, dan outomaties geskrap.
- Kopers en bestellings — 5 jaar (belastingwet), dan gearchiveer.
- Voorbeskouings / oorspronklikes — die galery sluit na die geleentheid; die masters bly in die argief (geënkripteer) — NOOIT outomaties geskrap (plan/14 §4). ’n Koper se skrappingversoek skrap daardie koper se data.
- Redigering-versoeke — geleentheid + 12 maande.
- SV-sessies — 12 maande.
- Embeddings (gesigsoektog) — geskrap by die geleentheid se vervaltyd of op versoek.
Jou regte
Jy kan enige tyd vra wat ons van jou het (POPIA s11), dit laat korrigeer of skrap, of ’n klagte by die Inligtingsreguleerder indien. Gebruik die vorm op /verwyder of WhatsApp Shari.
Moenie my volg nie
Druk die knoppie hieronder — dan skakel die joernaal AF vir hierdie blaaier (die bediener eerbiedig dit, nie net die blaaier nie).
Joernaal is AAN
